Hoërskool Suid-Natal is trots op die 2017 Grondwoorde Digkompetisie deelnemers.
Uit 430 inskrywings, het Suidies weggestap met ses pryse en nie net word vyf leerlinge se gedigte opgeneem in die 2017 Grondwoorde Digbundel nie, maar Leritia Schoombie (gr 12) het ’n R2 500 kontantprys losgeslaan vir die beste gedig oor Shaka Zulu en hoofmeisie Chané Venter stap weg met die eerste plek en die groot kontantprys van R10 000!
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN: Suidies spog met baie goeie uitslae
Marléne Cloete (gr 9), Danielle Abel en Cara du Plessis (gr 11) se gedigte sal saam met die wenners se gedigte opgeneem word in die 2017 Grondwoorde Digbundel wat landswyd by boekwinkels beskikbaar sal wees.

Dit was geen verrassing dat Cindi-Mari Buitendagh die Kultuurtoekenning vir 2017 verower het nie. Haar betrokkenheid en prestasies het aan haar die gesogte toekenning besorg.
Kultuurtoekennings: Ceresé Botha – Afrikaans Redenaars, Debater of the Year en Best Speaker in English, Leritia Schoombie – Veelsydigste leerling in Afrikaans huistaal gr 12 en Yulán Stander – most versatile gr 12 pupil.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
