Dit is met groot opgewondenheid dat Suid-Natal Primêr se gr 6 en 7 monitors verlede Vrydagmiddag bymekaargekom het om te luister na ’n praatjie wat deur skoolhoof Callie Krog gelewer is.
Almal het aandagtig geluister na die wyse woorde. Probleemoplossing, skoolreëls en groepwerk was deel van die program. Daarna het die groot pret begin. Ballonne is vol water gemaak en leerlinge moes dit vir mekaar gooi sonder dat die balonne breek. Monitors het die middag terdeë geniet en is reg om hul diens met oorgawe te verrig.
https://www.citizen.co.za/south-coast-herald/233144/anton-verras-snp-ligdraers/
Die skool verwelkom nuwe personeellede Salomé Winterbag (gr 6), Daniëlle Smith (onderwyshulp – sport), Adriaan Zietsman (onderwyshulp – sport), Monja Potgieter (onderwyshulp) en Jaydene Robertson (swemafrigter). Dit is gehoop dat hulle in ware Suidies sal ontwikkel en baie suksesvolle jare by die skool deurbring.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
