Suidies het al weer behoorlik rekords laat spat in die water by verlede week se inter-huisgala.
Charles Thompson (O19) verbeter vyf rekords met die gala: 50m vlinderslag, rugslag, borsslag en 100m vryslag. So ook die 4 x 25m individuele wisselslag.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : PICS: #BigSchool2018 – Suid-Natal Primary
Keytin Vorster (O15) laat nie op hom wag nie en verbeter vier rekords: 50m vlinderslag, rugslag en vryslag asook die 100m vryslag.
Jay-Dee Steyn (O19) verbeter 50m borsslag rekord.
Arno Smith (O17) verbeter 50m borsslag rekord.
Swemmers Brittney van Vuuren en Keytin Vorster was aangewys as junior victrix en victor ludorum en Michelle Kretzschmar en Charles Thompson as senior wenners.
Dit was ’n pragtige vertoning deur baie talentvolle swemmers. Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die sukses van dié inter-huisgala.
Nelzaan Strydom en Winé Koekemoer het verlede naweek KZN Level 2 geswem.
Nelzaan het nege medaljes gewen en is as ouderdomwenner aangewys en Winé het twee medaljes gewen.
Die skool is baie trots op die prestasies.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
