NewsSchools

Suid-Natal Primêr swemmers vaar goed

Die skool het verlede Saterdag ’n baie suksesvolle pannekoek dag gehad by Checkers in Hibiskus Sentrum.

Verlede Vrydag het Suid-Natal Primêr se gr 1 en 2 interhuisgala plaasgevind. Al die leerlinge het die swem terdeë geniet om af te koel in die warm weer. Geluk aan al die deelnemers met die mooi prestasies. Suidie swemmers het ook deelgeneem aan die Ugu gala by Southcity en goeie uitslae behaal.

YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr berei monitors voor

Krieketspanne het verlede naweek teen KEHS gespeel en beide die junior en senior A spanne het gewen.

’n Suksesvolle markdag was verlede Vrydag aangebied deur die Ligdraer en Landsdiens-groepe. Dankie aan al die ouers vir die ondersteuning oral en veral vir die 5 liter water wat ingesamel was vir die droog geteisterde dele in die Wes-Kaap.

Die skool het verlede Saterdag ’n baie suksesvolle pannekoek dag gehad by Checkers in Hibiskus Sentrum. Onderwysers, leerlinge en ouers het hul slag gewys.

Spanwerk was aan die orde van die dag, dankie aan elkeen wat gehelp het! Dankie ook aan Checkers vir die geleentheid en bydrae.

 

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button