Suid-Natal Primêre Skool se gr 1 leerlinge het baie pret gehad tydens kuns. Hulle het dit vreeslik geniet om narre te teken en versier.
Baie geluk aan Marnu Koekemoer wat aangewys is as die O12 ouderdomswenner en victor ludorum tydens die Creston Interskole Individuele gala verlede Donderdag. Marnu het ook ’n nuwe rekord vir die O12 borsslag opgetrek.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr swemmers vaar goed
Junior-swemmers het verlede Woensdag aan Southcity se aflosgala deelgeneem en dit baie geniet.
Verlede Saterdag het die skool die jaarlikse ses-‘n-kant kriekettoernooi aangebied. Ses omliggende skole het deelgeneem en die dag het met groot sukses en genot afgeloop.
Baie dankie aan leerlinge, ouers en skole vir hulle ondersteuning met hierdie spoggeleentheid.
Baie geluk aan Port Edward en Izotsha wat gelykop as wenners wegstap, die kwaliteit van die spel van al die skole was van besondere hoë gehalte. Verder wens Suidies ook vir Creston geluk met die prys vir die beste kolfspan en Izotsha met die beste boulspan.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
