Suid-Natal Primêr se gr 5 leerlinge sien uit na die Conquesta eksamens wat gedurende die tweede kwartaal geskryf sal word. Daar is ook groot opgewondenheid oor die jaarlikse fietsrymarathon wat op Mei 10 vanjaar plaasvind. Die skool is ook bly dat proefstudent Meliska Swanepoel weer kom opleiding doen hier in ‘Suidieland’.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr leer oor hefbome
Hokkie, netbal- en rugbytoerspanne het die eerste kwartaal op ’n hoogtepunt afgesluit. Hulle het op 25 Maart op ’n toer na Kuswag vertrek en meegeding teen verskeie skole. Hulle het goed gepresteer en daar was darem tyd vir ontspan ook. Dankie aan personeel wat hulle vergesel het, asook ouers wat die spelers geondersteun het.
SNP en Gelofte het ’n suksesvolle sportdag gehad verlede Saterdag. Spelers het die wedstryde geniet en almal het goed gespeel. Dankie aan ouers vir die ondersteuning.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033
