Gr 4 Suidies het tydens hul natuurwetenskap periodes eksperimente uitgevoer om vas te stel hoe verdamping werk. Leerlinge het hul eksperiment oor die naweek laat hardloop en moes tesame met al die pret, ook ‘n groot deel geduld inreken. Maandagoggend was natuurlik ’n groot opwinding om te sien wat met die eksperimente gebeur het.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr leer oor hefbome
Daarmee saam het ’n paar belangrike en wyse lewenslesse gekom om hulle op te voed vir die toekoms. Elkeen is ’n paar wenke gegee om slim te werk en water te spaar.
Junior en senior netbalspanne het onderskeidelik verlede Woensdag en Donderdag aan ’n netbaltoernooi deelgeneem en dit baie geniet.
Hokkie-, netbal- en rugbyspanne het verlede Saterdag by Kuswag gaan deelneem. Al die spanne het hul goed van hul taak gekwyt en goeie sportmanskap het geseëvier. Baie dankie aan Kuswag wat as gasheer opgetree het asook aan elke ouer wat spelers geondersteun het.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033