Suid-Natal Primêr se gr 3 leerlinge begin nou met die tema ‘insekte’ en geniet die inligting en kuns aktiwiteite rondom dit.
Die gr 3 spreekkoor wat gekies is om in die skool se konsert op te tree oefen al baie hard.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr ondersoek verdamping
Sonja Herholdt en ‘Tjokker’ het onlangs kom kuier. Die maats het ‘Tjokker’ se manewales en Sonja Herholdt se sang baie geniet en goeie lewenslesse geleer.
Gr 1 tot 3 Suidies het hulle fietsry-marathon verlede Donderdag baie geniet. Die narre, Disney karakters en ‘gloei in die donker’ karaktertjies was geensins afgesit deur die wind nie.
Die eerste en tweede hokkiespanne het die hokkie-toernooi teen Creston baie geniet.
Gr 4 se markdag was ’n groot sukses.

Suidie dogters het aan die KZN Netbalproewe deelgeneem en die skool is baie trots op Desereé du Plooy (O12), Nikita Grobler (O12), Leandrie du Toit (O13), Karin van Wyk (O13) en Saskia Dantuma (nie reisende reserwe) wat vir Ugu spanne gekies is.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033
