Dit was met groot opgewondenheid dat Suid-Natal Primêre leerlinge oor hul hardwerkende, pragtige mammas wou spog en spesiaal laat voel op Moedersdag. Gr 2 leerlinge het ’n spesiale boodskap vir hulle moeders: ‘Wat is ons mammas alles? Inkopiesdoeners, seerpleksoeners, pleisterplakkers, kosblik-pakkers, Lego-bouers, sagte skouers, kombuiskoningin – Mammas soos min!’
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr is hard aan die werk
Hemelvaartdag is op ’n baie spesiale wyse gevoer en Suidies sê baie dankie aan Pastoor Wilko Kunz vir die goeie boodskap.
Grade 4 tot 7 klasse het die fietsrymarathon wat verlede Donderdag plaasgevind het terdeë geniet.
Dankie aan Port Shepstone Senior Primary vir ’n goed gereëlde wintersportdag verlede week. Suidie hokkie-, netbal- en rugby-spanne het baie goed gevaar.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033
