Hoërskool Suid-Natal is baie trots op Linki Buitendagh wat uitgeblink het tydens die finaal van die 2018 KZN ATKV-Redenaars en loshande met die eerste plek weggestap. Sy sal KZN tydens die finaal in Augustus verteenwoordig. Die skool is net so trots op Shanzé Marais, Rochelle Potgieter en Mignon Potgieter wat hul goed van hul taak gekwyt het in die finale rondte van die kompetisie.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Hoërskool Suid-Natal vier met sang en dans
Suidies het die naweek sport gespeel teen Port Natal en baie goed gevaar teen sterk opposisie.
Die gr 8 opedag vir 2019 vind hierdie Vrydag (25de) plaas. Ouers van nuwe en toekomstige leerlinge word hartlik uitgenooi om die dag saam te geniet. Kontak asseblief vir Liz Collins.
Die skool vier vanjaar 50 jaar en wil graag ’n reünie vir alle oudskoliere en personeel reël op Sheppiedag (9 Junie). Vir verdere inligting, kontak gerus vir Rita by 039 6822212.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033
