NewsSchools

SNP sportsmanne word gekies

Suidies is baie trots op Riaan en André en hou duimvas vir die potensiële Springbok en Protea spelers.

Suid-Natal Primêre Skool bedank al die ouers wat wind en weer getrotseer het met die jaarlikse fietsry-marathon in die junior en senior fase en gr R kaskar resies. Almal het geesdriftig deelgeneem, veral die gr 1 leerlinge wat spoggerig gelyk het in sirkus tema klere.

YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr is hard aan die werk

Baie geluk aan Riaan Earl wat gekies is vir die KZN krieket span en André Steyn wat die KZN O12 rugbyspan gehaal het.

Baie geluk aan Anthony Hoppe en Kayla Smith wat as hoofmonitors aangewys is vir die res van die tweede kwartaal.

Senior netbalspanne het verlede week onderskeidelik teen Port Edward en St Martin de Porres gespeel.

Die Suidie O9 rugbyspanne het teen mekaar gespeel en baie pret gehad. Die O11 rugbyspan het by Southcity aan ’n toernooi deelgeneem en uitstekend gevaar.

Senior hokkiedogters het ook deelgeneem aan die KZN hokkie proewe en waardevolle ondervinding opgedoen.

Die personeel het ’n insiggewende opleidingsessie bygewoon, aangebied deur Dr Cilel Smith. Hul is toegerus met strategieë om leerlinge met gedragsprobleme suksesvol in die klaskamer te bestuur.

 

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button