Suid-Natal Primêre Skool se gr 6 markdag was ’n groot sukses. Daar was interessantste produkte om van te kies en te keur. Leerlinge het dit so baie geniet om produkte wat hulself gemaak het te verkoop.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr leerlinge bou selfoontorings
Gr 6 het ook mandalas gemaak in skeppende kunste. Hulle het navorsing gedoen oor die verskillende mandalas en moes hulle eie kunswerke skep. Daar het ongelooflike skeppings uitgekom en hulle kan voorwaar trots wees op hulle harde werk.
Die junior primêre dogters het verlede Saterdag aan ’n heerlike toernooi deelgeneem en hulself gate uit geniet.

Die gr 3 meisies het hul wedstryde op ‘AstroTurf’ gespeel wat baie anders is as gras. Suidie dogters het die skool baie trots gemaak.
Leerlinge sien uit na die interhuis-landloop wat môre (Vrydag) plaasvind.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033
