Die trofee bly by Suidies. HSN hokkie spanne het net weer bewys van watter stoffasie hulle gemaak is. Na vier jaar van droogte het die eerstespan vir Sheppie met ’n telling van 2-0 geklop. Die O16-dogters het gelykopgespeel.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suidies is hard aan die werk
Verlede Saterdag moes die O14 en O15 netbalspanne knie buig, maar die O16s, tweedes en eerstes maak skoonskip en wen teen Sheppie oortuigend. Die eerstespan het wankelrig begin, maar in die tweede kwart vasgetrap en Sheppie met 27-23 in hulle voetspore gestuit.
Saterdag was ook ’n tipiese ‘Derbydag’ toe HSN en Sheppie High se rugbyspanne mekaar in ’n naelbyt-wedstryd troef. Dié wedstryd was een van die beste skolewedstryde in jare.
Heeltyd was dit wipplankry met die telling en na ’n spanningsvolle wedstryd het die eindfluitjie geblaas en Suidies loop met die louere weg met ‘n telling van 43-31. Dit is ook die vierde agtereenvolgende jaar.
Dankie aan spelers, afrigters, personeel en ouers. Nie net deur die loop van die seisoen nie, maar ook algemene betrokkenheid.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033
