Suid-Natal Primêr se graad R en 1 klasse het verlede Woensdag se beroepsdag baie geniet en baie geleer. Die brandweer, polisie, ambulans en wegsleep-dienste het leerlinge ingelig oor wat hulle beroepe behels en hoe om veilig te bly.
ALSO READ : Suid-Natal Primêr is hard aan die werk
Gr 7 leerlinge het hard gebou aan elektriese stroombane en elektromagnete. Dit gaan alles saamgevoeg word om aan die einde van die termyn ’n hyskraan te bou wat kan beweeg en met ’n elektromagneet yster kan optel. By SNP is daar ’n groot aantal ‘ingenieurs’ wat hard werk aan hul toekoms.
Die skool verwelkom nuwe terrein bestuurder en snoepie dame, André en Ronica Sevenster.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033
