Suidie-landsdieners het onlangs saam met KZN-lede ’n verrykende opwindende streekkamp by Sweetdale deurgebring. ’n Wye verskeidenheid aktiwiteite van abseil tot muurklim was vir die kampgangers ’n heerlike fisiese uitdaging.
ALSO READ : Suidies is hard aan die werk
Ook kon hulle hul vernuf en talent beoefen met handwerk, ’n skattejag en ’n talentkonsert. Daar was natuurlik groot opgewondenheid oor die genotvolle uitstappie na ‘Wild Waves’ by die Wildekus.
Opregte dank aan onderwyseres Nicolet Schütz, wat ’n ogie oor die landsdieners gehou het. Baie geluk aan Christopher Burls wat die geleentheid gebied is om as onderleier van die seunsgroep op te tree.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033
