Suid-Natal Primêre Skool wens al die gr 4 tot 7 leerlinge sterke met die eksamens.
Gr 1 klasse het dit vreeslik geniet om meer van seisoene te leer. Die kuns was verseker ’n hoogtepunt vir hulle.
ALSO READ : Suid-Natal Primêr leerlinge bou selfoontorings
Die skool is baie trots op atleet van formaat Marnu Koekemoer wat sy rekord verbeter het by die KZN tweekamp kampioenskappe.
Elf personeellede het onlangs ’n vlak 1 en 2 noodhulpkursus bygewoon wat aangebied was deur Med-Evac.
Hulle gemiddelde slaagpersentasie was 97. Welgedaan.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033
