‘Sportloopbaan Beste’, ‘Leierskap’ en ‘Suid-Nataller van die Jaar’ is van dié top toekennings wat ’n Suid-Natal Hoërskool leerling kan ontvang.
Gewoonlik word hierdie toekennings opgeraap deur verskillende leerlinge, maar hoofdogter Marizane Wagenaar het sowaar al drie toekennings opgeëis.
ALSO READ : Hoërskool Suid-Natal geniet opleidingsessies
Marizane verdien elkeen van die toekennings deur en deur. Haar betrokkenheid by sport, kultuur en leierskap is merkwaardig.
Sy weerspieël ook die deugde van die skool, naamlik deugsaamheid, empatie, gehoorsaamheid, dissipline en eerlikheid.
Marizane, Suidies gaan jou mis en die hele skool wens jou alle voorspoed toe vir ’n blink toekoms.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033
