NewsSchools

Kayla is SNP se dux

Die skool spog met ’n aantal nasionale en Springbok prestasies.

Tydens die aanvang van Suid-Natal Primêre Skool se senior prysuitdeling verlede Woensdagmiddag, het die Suidkus en KZN leerlinge wat in verskeie dissiplines presteer het, op die verhoog verskyn.

Baie geluk aan dux-leerling Kayla Smith.

ALSO READ : Suid-Natal Primêr berei voor vir vertoning

Die skool spog met ’n aantal nasionale en Springbok prestasies.

Kultuur toekennings gaan hierdie jaar hoofsaaklik aan Ellri van Zyl, ’n junior Landsdiens Springbok met baie kultuur talente.

Vanjaar is daar ’n herhaling van die sport toekennings waar Marnu Koekemoer en Liandie du Toit onderskeidelik ’n tweede keer dieselfde trofeë verower! Hulle word as sportseun en dogter aangewys en ontvang ook elkeen erkennings as die veelsydigste.

Suidie prys wenners (van links) Dylan Meyer, Mikyle Bartle, Tinike Havenga, Jacques de Bruyn en Zonique du Plooy is beloon vir harde werk en goeie prestasie.

Ander sport toekennings gaan aan Mikyle Bartle (krieket), Simoné Ferreira (netbal), Karin van Wyk (hokkie), André Steyn (rugby), Marnu Koekemoer (atletiek, swem) en Liandie du Toit (landloop).

Spesiale toekennings gaan aan Tinike Havenga (prinsipaalstoekenning), Dylan Meyer (staatmakertrofeë), Zaskia Hutchans en Dewald Beetge (kameraadskap seun en dogter)

Welgedaan Suidies!

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button