NewsSchools

Suidies swem dat dit spat

Swemmers het verlede week se interhuisgala terdeë geniet.

Hoërskool Suid-Natal het verlede Vrydag hul interhuisgala gehou en swemmers het hul goed van hul taak gekwyt.

Keytin Voster verbeter drie rekords: 50m vlinderslag, rugslag en vryslag, en die blouspan loop weg met die trofee as wenners van die dag.

ALSO READ : Hoërskool Suid-Natal sê welkom

Seuns Billy Delport (O14), Wiandré van der Linden (O15), Keytin Voster (O16), Charl Janse van Rensburg (017) en Arno Smith (019) en dogters Liandie du Toit (O14), Brittney van Vuuren (O15), Nelzaan Strydom (O16), Caitlyn van Dyk (O17) en Michelle Kretzschmar (O19) was ouderdomwenners.

Die volgende leerders swem die volgende trofeë los: Wiandré van der Linden – junior victor ludorum; Keytin Voster – senior victor ludorum; Brittney van Vuuren – junior victrix ludorum, en Michelle Kretzschmar – senior victrix ludorum.

Swemmer Michelle Kretzschmar wys haar vaardigheid by Hoërskool Suid-Natal se interhuisgala verlede week. Michelle het met die senior victrix ludorum en O19 ouderdomswenner pryse weggestap.

Baie geluk aan deelnemer. Die skool bedank elke beampte – sonder hulle sou die gala nie so ’n groot sukses gewees het nie.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button