Suid-Natal Primêre Skool se gr 4 leerlinge het die jaar goed afgeskop alhoewel ‘n bietjie bang vir al die nuwe vakke wat hulle moet doen en aan gewoond raak.
Hul het al twee praktiese gedoen in natuurwetenskappe – boontjies in watte geplant en ‘n gis plantjie laat groei in die klas.
Daar is baie opgewondenis en hulle sien uit na ‘n jaar vol uitdagings.
Al die grade geniet die jaarlikse glip-en-gly wat hierdie week plaasvind. Dis ‘n miernes van bedrywighede om weer voor in die ry te kom om te gly.
Netbal dogters het ‘n afrigting kliniek bygewoon, gereël deur SA O17 speler Natalie Lourens en Protea hulpafrigter en TUKS Universiteit afrigter Jenny van Dyk.
Die dogters is bevoorreg om afrigting van uitstaande gehalte te ontvang.
Geluk ook aan 10 onderwysers wat vlak 2 noodhulp sertifikate ontvang het.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
