Gr 3 Suidies het ‘n voorbereide mondeling gedoen oor ‘boelies’.
Anne-Bell Pieterse en Adolf Jonker het goeie navorsing gedoen en feite gekry oor waarom kinders boelie, wat iemand moet doen as hul geboelie word en hoe hul ‘n boelie kan help.
ALSO READ : #BigSchool2019: Suid Natal Primêr
Die inligting was so goed dat hulle dit in die saal met die hele grondslagfase gedeel het.
Veels geluk aan die gr 5 groep wat so ‘n suksesvolle markdag aangebied het verlede week.
Die soettande het behoorlik gewerk met heerlike snoepgoed vir almal.
Leerlinge is tans druk besig met swem-uitdunne en die eerste swemgala vind plaas by Southcity Christian College.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
