NewsSchools

HSN kan spog met distrik erkenning

Die skool bedank elke onderwyser en leerling vir hulle harde werk en toewyding.

Tydens ‘n glansryke geleentheid in die Port Shepstone stadsaal, het die burgemeester ‘n trofee en sertifikaat aan Hoërskool Suid-Natal oorhandig as erkenning vir een van die skole wat goed in die distrik presteer het.

Hartlike dankie aan elke onderwyser en leerling vir hulle harde werk en toewyding – sonder hulle kosbare aandeel sou die skool hierdie erkenning nié ontvang het nie.

ALSO READ : Hoërskool Suid-Natal sê welkom

Suidies het aan die Grondwoorde Gedigte-kompetisie deelgeneem.

Die doel van die kompetisie is om die gebruik van die Afrikaanse taal te bevorder, om ondersteuning aan aspirantdigters te verleen en om brûe tussen ‘n meer diverse groep leerlinge te bou.

Baie geluk aan Mignon Potgieter (naaswenner en kategoriewenner), Ronan Pienaar (Imhlabathi pryswenner) met hul uitnemende skryfwerk, en Marlene Cloete, Caitlyn van Dyk, Eugene van der Linde, Jo-Anne van der Wath en Kayla Vosloo met hul eervolle vermelding. 

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button