NewsSchools

HSN swemmers bring die trofee huistoe

Keytin Vorster het pragtig presteer en al sy individuele items in die O16 ouderdomsgroep gewen.

Hoërskool Suid-Natal het verlede week deelgeneem aan ‘n interskolegala wat deur nege skole bygewoon was by Voortrekker Hoërskool en swemmers het hulle baie goed van hul taak gekwyt.

Suidie swemmers het die gala gewen en die trofee is huistoe gebring. Baie geluk met hierdie uitstaande prestasie.

ALSO READ : Hoërskool Suid-Natal sê welkom

Keytin Vorster het pragtig presteer en al sy individuele items in die O16 ouderdomsgroep gewen. Die skool is baie trots op al die swemmers.

Atlete het verlede naweek in Marburg deelgeneem en twee atlete het baie goed presteer en dring deur na die KZN proewe.

Enrico Burger behaal ‘n eerste plek in O17 seuns 100m en 200m en Willie Delport, eerste plek in die O15 seuns 200m.

Die skool neem deel aan die DSSL Liga dans en Jonathan Akgün verwerf ‘n derde plek.

Baie dankie Suidies, júlle hou die skool se naam hoog. 

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button