Suid-Natal Primêr het verlede Vrydag hul interhuis gala gehou. Die Rooi en Geel spanne het braaf gekompeteer maar die Blou span het met die beker gespog. Daar is 21 rekords verbeter.
Veels geluk aan die gr 1, 2 en 3 seuns wat aan mini-krieket by Southcity deelgeneem het. Goeie krieket is deurgaans gespeel.
ALSO READ : Suid-Natal Primêr skop die jaar af
Gr 1 leerlinge het dit baie geniet om pragtige St Valentynsdag kaartjies te maak. Hulle het baie pret gehad met die verskeie middels gebruik om kaartjies kreatief te versier.
Suidie prefekte het geskenkies by die skool verkoop en die projek is baie goed ondersteun. Maats het vir mekaar sjokolade, hartjies en ander mooi ornamentjies gekoop. Hartlik dankie aan al die moeders wat help voorberei het.
Moeders van dieskool het onder leiding van die ‘Visie 20’ moederskomitee ? St Valentynsdans vir ouers en vriende gereël verlede Vrydagaand.
Die geleentheid was voorwaar goed ondersteun en die entoesiasme, passie en belangstelling groei telkens na so ? aksie.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
