NewsSchools

Suid-Natal Primêr is trots op kolwer Riaan

Baie geluk aan Marcel du Toit en Riaan Earle wat die wisseltrofee vir die beste kolf-span ontvang het.

Suid-Natal Primêr se SPO 3 leerlinge is besig om lewende en nie-lewende dinge te ondersoek.

Hulle moes ‘n dier kies en al die feite rakende die dier se habitat en eienskappe ondersoek.

Leerlinge was in vervoering met Produksie 2000 se opvoering genoem ‘Die Legkaart’ met die boodskap dat elke persoon uniek en spesiaal is en dat boelies glad nie ? plek in samelewing het nie.

Krieket is teen Izotsha gespeel en uitstekende kolf, boulwerk en veldwerk was gelewer. Spelers verbeter met elke wedstryd.

Dertien O10 to O13 atlete het verlede week deelgeneem in die Ugu Langafstand by Southcity.

Almal het baie goed gedoen en die skool is baie trots op hulle almal.

Verlede Saterdag se dubbelpaaltjie kriekettoernooi het baie goed afgeloop.

Baie geluk aan Marcel du Toit en Riaan Earle wat die wisseltrofee vir die beste kolf-span ontvang het. Daarmee saam word Riaan ook aangewys as kolwer van die toernooi.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button