NewsSchools

Besige sport week vir Suidies

Baie geluk aan Marnu Koekemoer wat KZN behaal het met Tweekamp.

Suid-Natal Primêr wens die eerste en tweede netbal spanne geluk nadat hul die eerste wedstryd teen Creston gewen het.

Die soete oorwinning van senior en junior A krieket spanne teen Port Edward was die kersie op die koek vir die laaste wedstryd van die kwartaal.

ALSO READ : Suid-Natal Primêr is trots op kolwer Riaan

Junior-swemmers het verlede Woensdag by Creston teen drie ander skole gekompeteer. Die individuele-gala was vir elke swemmer groot pret in die warm weer.

Gr 7 leerlinge het Hoërskool Suid-Natal besoek om meer inligting en bekenstelling aan ouers te gee.

Alle fasette van die skool aangaande akademie, sport en kultuur is aangeraak en leerlinge se voorkennis is getoets deur intelligente vrae en probleemoplossings in die wiskundeklas.

Klein gr R swemmers het die water laat spat by hul gala verlede week.

Baie geluk aan Marnu Koekemoer wat KZN behaal het met Tweekamp en aan die SA kampioenskappe sal deelneem in Port Elizabeth.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button