Suid-Natal Primêre Skool sê hartlike welkom aan nuwe personeellede Soné Gerber en Cherise Botha.
Gedurende die Maart skoolvakansie het senior netbal en rugby spanne aan ‘n toernooi deelgeneem.
ALSO READ : Suidie rugby span sê dankie
Twaalf leerlinge is uitgenooi om op toer na Mauritius te gaan in die September 2019 vakansie.
Rugby spelers het van al die plaaslike skole gekom vir die Laer Suidkus proewe verlede week. Dit was baie goed ondersteun en almal sien uit na die Suidkus proewe wat volg.
Uiteindelik na baie voorbereiding was dit die gr 4 se markdag verlede Vrydag en leerlinge was behoorlik opgewonde. Baie dankie aan elke ouer se bydrae, dit word opreg waardeer.
Dit was ‘n groot sukses en almal het dit geniet.
Hokkie, netbal en rugby word nou hard beoefen by die skool in voorbereiding van die skool se Wintersportsdag op 18 Mei en 1 Junie onderskeidelik.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
