Suid-Natal Primêr se gr 5 klasse skop die jaar goed af en begin sommer dadelik hard werk in alle vakke. Hulle het ook baie pret met die swemuitdunne en glip-en-gly gehad.
Leerlinge is ook besig om te beplan vir die markdag wat hierdie Vrydag (31ste) plaasvind.
ALSO READ : Suid-Natal Primêr fund-raiser well supported
Die skool se gr R blok het die voorreg om te kan kies tussen soveel buitmuurseaktiwiteite – dit sluit in dans, young engineers, playball, Gymbo Kidz, ballet en rugby.
Vier personeellede het verlede naweek die Landsdiens Volwasse opleiding en algemene jaarvergadering bygewoon.
Die dertien landsdiensonderwysers is vuur-en-vlam vir die jaar wat kom en die projekte wat aangepak sal word.
Veels geluk aan Janushka Erasmus wat KZN kleure behaal het vir dans en sal deelneem aan die nasionale kompetisie later vanjaar. Suidies is baie trots op haar.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
To receive our FREE email newsletter, click HERE
