Geluk aan Jakkie Herbst, wie se aanstelling as skoolhoof van Suid-Natal Hoërskool nou amptelik aangekondig is.
Hy is beslis nie ’n nuweling nie en is die afgelope twee jaar betrokke as adjunkhoof van die skool.
ALSO READ : #Matric2019 – Suid-Natal achieves 43 bachelor passes
Die interhuisgala was ’n reuse sukses. Baie dankie vir elke besigheid en ouer wat die skool gehelp het met die leen van gazebos, dit het ’n groot bydra gelewer tot die dag se sukses.
Verskeie ouderdomswenners was Desireé du Plooy (O14 dogters), André Steyn (O14 seuns),

Liandie du Toit (O15 dogters), Dian Venter (O14 seuns), Brittney van Vuuren (O16 dogters), Wiandré van der Linden (O16 seuns), Nelzaan Strydom (O17 dogters), Keytin Vorster (O17 seuns), Juanita Kritzinger (ope dogters) en Gregory Walkenshaw (ope seuns).
Liandie du Toit en Dian Venter is as junior victrix en victor ludorum aangewys en Nelzaan Strydom en Keytin Vorster wen die senior victrix en victor titels.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
To receive our FREE email newsletter, click HERE
