Suid-Natal Primêre Skool se graad 1 en 2 leerlinge het hulle swemgala gehad op Valentynsdag.
Die skool het ’n pret-en-swemmersgala gehad sodat elke leerling ’n geleentheid kon kry om hulle talente te wys.
ALSO READ : Suid-Natal Primêr fund-raiser well supported
Almal het dit baie geniet. Dankie aan al die swemafrigters vir hulle harde werk en al die ouers wat kom ondersteun het op die heerlike sonskyndag.
Swemmers het deelgeneem in die interskole individuele gala by Curro Creston College waar agt skole deelgeneem het.
Suidies het baie mooi geswem en verdien die vierde plek wat hulle gekry het.
Die eerste span krieket seuns het teen Margate Primary gespeel en ’n maklike oorwinning behaal.
Graad 1, 2 en 3 seuns het deelgeneem aan ’n mini-krieket toernooi by Southcity Christian College en het gemengde resultate behaal.
Al die spelers het dit uiters geniet en baie goeie ervaring opgedoen.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
