Suid-Natal Primêr sê dankie aan Status Panelbeaters wat die jaar weer die eerste span rugby truie geborg het.
Die seuns is baie opgewonde oor die pragtige truie en kan nie wag om op die veld daarmee uit te draf nie.
ALSO READ : Suidies laat die water spat
Baie dankie vir die onbaatsugtige ondersteuning deur die jare.
Dit is met groot opgewondenheid dat ons SPO 3 leerlinge vars vrugte skool toe gebring het om vrugteslaai te maak.
Die vrugte is versigtig opgesny en gemeng en daarna het hulle heerlik gesmul aan die vrugteslaai en gekoopte vla.
Eerste en tweede krieket spanne het teen Southcity Christian College gespeel en goeie oorwinning behaal.
Junior leerlinge het aan ’n aflos swemgala by Southcity deelgeneem en dit was goed om te sien hoe hul swemvaardighede ontwikkel.
Johan Gericke en Arno Smit het deelgeneem aan ‘n rugby vlak 1 afrigtingskursus by die Sharks Rugby Akademie en albei het die kursus geslaag as vlak 1 rugby afrigters.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
