Dit was ‘n week propvol sport vir Suidie leerders.
Die senior A en B asook die junior A en B spanne krieket seuns het deelgeneem aan ‘n krieket-toernooi teen Izotsha en daar was ook ‘n mini-krieket toernooi vir die Graad 1, 2 en 3 seuns by Creston.
ALSO READ : Groentjies vermaak Suidies met konsert
Die Graad 1, 2 en 3 meisies het deelgeneem aan ‘n hokkie toernooi by Southcity. Die spanne was geesdriftig en het hulle harte uitgespeel. Suidies julle is wenners.
‘n Besonderse geluk aan Marco Fritz. Marcowas gekies is vir die O11 Ugu krieket span.
Die Graad Re was behoorlik in rep en roer oor die jaarlikse Graad R kaskar resies.
Van ouers, boeties, sussies en selfs oumas en oupas wat kaskarre stoot tot kinders wat skaterlag, dit was vet pret.
Vir die eerste keer ooit het twee uit die drie klasse gelykop gewen.
Baie dankie vir die entoesiasme waarmee almal die geleentheid aangepak het – dit is vir elke seer spier die moeite werd.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
