NewsSchools

SNP leer van leierskap

Die opwinding was groot toe daar aangekondig word dat elke Graad 6 klas hulle eie klas president kan kies.

Suid-Natal Primêr se Graad 6 leerders het hierdie kwartaal alles oor demokrasie, burgerskap en leierskap geleer.

Hulle het geleer van menseregte, kinderregte en die grondwet.

In hierdie afdeling het hulle ook geleer van leierskap en om meer verantwoordelik te wees.

Die opwinding was groot toe daar aangekondig word dat elke Graad 6 klas hulle eie klas president kan kies.

Al die klas presidensiële kandidate moes hulle eie veldtog loods en stemme werf.

SNP leerders (van links) Kay-Lee Delport, Anke de Matos, Ané Glad, Jacques Proudfoot en Zjizelle Landsberg spog met hul selfgemaakte speelgoed.

Akademie floreer en leerders is vasberade om die heel beste te maak van die res van die jaar wat nog tot ons beskikking is.

Suidies gaan flink aan met skool en die skool is trots op al die leerders wat so pligsgetrou skool toe kom en die positiewe wyse waarop die leerders hulself gedra deur die Covid-19 tydperk.

Die Graad 3 leerders het onlangs meer geleer oor “herwinning”.

Leerders het geleentheid gekry om hul eie afvalprodukte te gebruik en ‘n kunsprojek aan te pak.

Die Graad 5-leerders het hard gewerk aan hul SW opdragte.

Leerders moes die weer waarneem en opteken vir 14 dae.

Hulle het dit deeglik geniet veral met die Suidkus se onvoorspelbare weer.

Die Graad 4 groep was besig met ‘n opwindende klei projek waar die 3D kunsvorm ontdek word.

Hierdie leerders het pierings, bakkies en borde gemaak met pikante blompatrone en teksture op, tot hul pure genot.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button