Suid-Natal Primêre Graad R maats kon nie soos gewoonlik hierdie jaar ‘n besoek van die reptiele-plaas ontvang nie, maar dit het ons nie gekeer om van hierdie merkwaardige diere te leer nie.
Vyf maats kon elke dag ‘n slang kies om te bestudeer. Ons het geleer watter is giftig, hoe hulle lyk, wat hulle eet en hoeveel eiers hulle lê.
Die leerders by Suid-Natal Primêre skool maak hierdie week klaar met hul finale eksamen vir die jaar.
Leerders en onderwysers werk met ywer om die akademie van hierdie jaar te bemeester terwyl daar gedurig vars lug geskep word tydens die LO periode.
Suidies is trots en bevoorregd om die uitdagings van hierdie jaar aan te pak en ‘n sukses daarvan te maak.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
