Miecke Krog en Jonathan Smith van Suid-Natal Primêre Skool het verlede naweek aan ‘n 10km pretwedloop deelgeneem. Hulle hardloop slegs vir drie maande en dis hulle eerste 10km wedloop en hulle het dit in ‘n uur en 15 minute voltooi het.
Wel gedaan julle!
Die energie en opwinding in die skool is hierdie week tasbaar.
Die Departement van Onderwys het laasweek bevestig dat KZN se skoolsport mag begin.
Suidies laat nie op hulle wag nie en ons spring hierdie week weg met hokkie, netbal en rugby oefeninge. Ons sportvelde is opgeknap en al die lyne is getrek.
Sterkte aan al ons leerders met die sport. Onthou die belangrikste is om dit te geniet.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
