Local news

Kerk bied ‘n ontbyt aan vir Saps

Die AGS bedank Eerw. John Pretorius van die Methodiste Kerk en die bestuur van Superspar Port Edward vir hulle samewerking in hierdie heerlike saak.

Die AGS-Gemeente in Port Edward, het onlangs, in samewerking met die Methodiste Gemeente en Superspar Port Edward, lede van die plaaslike Saps trakteer met ‘n heerlike welwillendheids-ontbyt.

Die gebaar dien as ‘n blyk van waardering vir die polisie se werk wat soms met lewensgevaar gepaard gaan om wet en orde te handhaaf en misdaad in die gemeenskap te bekamp, het Pastoor. Willie Henning by die geleentheid gesê.

Hy het die polisie aangemoedig om voort te gaan om op hierdie wyse die lieflike geur van Christus te versprei.
Kolonel Satish Premchand, bevelvoerder van die Saps Port Edward, het namens die polisie die kerk bedank vir hierdie blyk van liefde en begrip wat baie keer ontbreek in die samelewing wat misdaad-moeg geword het.

Hy het bygevoeg dat as almal in die gemeenskap met die Saps saamwerk, misdaad wel bekamp en selfs onder beheer gebring kan word.

Die AGS bedank Eerw. John Pretorius van die Methodiste Kerk en die bestuur van Superspar Port Edward vir hulle samewerking in hierdie heerlike saak.

Daar was ‘n wonderlike atmosfeer tydens die ontbyt.south coa

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button