Suid-Natal Primêre Skool het verlede week ‘n suksesvolle interhuis atletiek byeenkoms aangebied.
Die Rooi huis was die wen-huis en die Blou huis het met die Gees-Beker gespog.
Altesaam 6 rekords is verbeter en 2 rekords is ge-ewenaar!
Baie geluk aan die Senior Victor- en Victrix Ludorum onderskeidelik Lieben Valentine en Anne-Bell Pieterse en ons Junior Victor- en Victrix Ludorum onderskeidelik Jaydon Koekemoer, Liam Venter en Kay-Lee Delport.
Baie dankie aan al die ouers wat die atlete ondersteun het.
Geluk aan Liam Venter wat die UGU Landloop span gehaal het.
Hy gaan verder deelneem aan die KZN proewe.
Ons remediërende klasse hou die leerders se gedagtes flink deur met “Lego” blokkies strukture te bou soos karre en geboue.
Hulle is ook besig met verskeie kuns-stukke soos maskers maak en verf, kleivorming en navorsingsprojekte.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
