Schools

Baie om voor dankie te sê by Suidies

Suid-Natal nuus.

Die Graad 7 en SPO 3 leerders het ‘n suksesvolle Markdag aangebied wat deel gevorm het van hulle EBW kurrikulum. Hulle het besigheidsplanne beraam en begrotings uitgewerk wat alles bygedra het tot die mark atmosfeer wat geheers het.

Die Eisteddfod was ‘n groot sukses! Die week van 22-26 Augustus 2022 was beslis ‘n week vol van talent. Alle leerders van Graad R tot 7 het aan die geleentheid deelgeneem van spreekkore, individuele voordrag, lees, redenaars, sang, die speel van musiekinstrumente tot kuns was deel van die besige program.

Ons het aan 3 atletiekbyeenkomste by Creston College, Port Shepstone Senior Primary Skool en Port Shepstone Primary skool onderskeidelik deelgeneem. Ons atlete het uitstekende resultate behaal en ons is trots op al ons leerders wat so hard ge-oefen het.

Ons landloopatlete het aan ‘n kompetisie by Beaver Creek en Southcity Christian College onderskeidelik deelgeneem en baie goeie resultate is behaal.

Drie van ons personeellede het ‘n noodhulpkursus voltooi en 2 personeellede het gekwalifiseer as swemafrigters.

Ons is baie dankbaar vir Vodacom wat rekenaars geskenk het vir ons rekenaarkamer.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button