Die Ligdraers-klub het ‘n broodsakkie-knippie projek geloots deur die jaar en dit was ‘n reuse sukses. Baie dankie aan elke leerder wat deelgeneem het. Julle maak voorwaar ‘n verskil in iemand se lewe wat daardie rolstoel benodig.
Helpende Hande se “Help Hetta Projek” dames het Vrydag, 21 Oktober 2022 met ons graad 6 en 7 meisies kom gesels oor korrekte keuses. Die meisies het dit vreeslik geniet. Hulle het vir elke meisie ‘n klein sonroom gegee om te verseker dat hulle mooi na hulle velle sal omsien. Baie dankie aan hierdie wonderlike projek waarmee julle besig is.
Ons krieket seuns het verlede week deelgeneem aan ‘n krieket toernooi teen Southcity College en Izotsha Primary. Die leerders het dit baie geniet en goed gespeel en vele ouers het opgedaag om hulle kinders te ondersteun.
Ons Fietsry-maraton het uiteindelik aangebreek. Dit was ‘n gonsende atmosfeer en die aand was ‘n reuse sukses! Baie dankie aan al die ouers en leerders wat kom deelneem het en die aand onvergeetlik gemaak het.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
