Ingenieurs en ontwerpers in wording
Graad 7 leerders is uitgedaag om vanuit rommel ‘n verbruikersartikel te skep.
Ons bekwame Suidies het in die kunsklas bewys dat kreatiwiteit lei tot probleemoplossing.
Graad 7 leerders is uitgedaag om vanuit rommel ‘n verbruikersartikel te skep. Dit inspireer mens om te sien hoe ‘n melkbottel, proppie of ander doodgewone huishoudelike item van vorm verander en herskep word na ‘n item wat mens weer kan gebruik.
Wel gedaan Suidies, ons is opgewonde oor die toekomstige ingenieurs en ontwerpers wat in julle skuil.
Op julle merke, gereed en ka-dwa! So gaan dit op ons Suidievelde al vir die afgelope paar weke! Hier gee elke leerder sy beste – van gewigstoot, verspring en regdeur tot by wie soos ‘n pyl oor daardie hoogspringlat kan skiet en sweef tot op die mat! Naellope lyk soos ‘n blou golf wat vir niks sal padgee nie. Leerders benut hierdie sportsessies ten volle om hulle potensiaal op die sportveld ook te bereik. Dit is asemrowend om al hierdie talente te beleef en te sien hoe leerders ontwikkel op alle gebiede. Suidies staan terug vir niks nie. Hou so aan Super Suidies, julle maak ons trots!
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“Wors in die hondestal soek” beteken om vir iets te soek wat jy nie gaan vind nie.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
