Schools

Ywerige leerders en sportmanne by Suidies

In die middae beoefen die leerders verskeie sport-soorte om fiks te word en leer ook so nuwe vaardighede sodat hul gereed kan wees vir die wedstryde wat voorlê.

Die Suidie-leerders is ywerig om te leer en is reeds besig met voorbereiding vir hul assesserings. Die graad 4 leerders pas goed aan in die intermediêre fase en geniet al die nuwe vakke.

In die middae beoefen die leerders verskeie sport-soorte om fiks te word en leer ook so nuwe vaardighede sodat hul gereed kan wees vir die wedstryde wat voorlê.

Hierdie jaar skop af met die graad 3s wat Vrydag hul markdag gehou het. Die hele skool was opgewonde en gereed om hul sakke vol te stop met die items wat die graad 3s aangebied het.
Die krieket-manne het ‘n baie opwindende week agter die rug met wedstryde vir die O11 en O13 seuns teen Port Edward Primary skool asook O11 SKZN krieketproewe te Southcity College.
Baie geluk aan ons sportmanne, julle hou die skool se naam hoog.

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“’n Dooie hout wees” beteken om baie lui te wees.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button