Ons Super Suidies het Wêreld-boekedag op kleurvolle wyse gevier!
Leerders het die kans gekry om as hul gunsteling-boekkarakters aan te trek, en die kreatiwiteit was ongelooflik. Dit was duidelik dat leerders en ouers baie moeite gedoen het – van oorspronklike idees tot pragtige kostuums. ‘n Wonderlike dag vol pret, verbeelding en liefde vir lees!
Al het die reën uitgesak, het dit nie die gees gedemp nie – die SKZN rugbyproewe het voortgegaan en die mededinging was van hoogstaande gehalte. Twaalf O/12 en O/13 seuns is gekies om aan die Natal proewe deel te neem. Welgedaan manne!
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“’n Melkkoeitjie” : ‘n besigheid waar ‘n mens baie voordeel uit trek.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
