South Coast Fever

Gebrek aan dissipline in Suid-Afrika se klaskamers: Wat is die antwoord?

Dit wissel uiteraard van skool tot skool, en hang ook grootliks af van hoe die skool self en klaskamersituasies bestuur word...

Dis geen geheim nie dat daar selfs by die ‘beste’ skole in die land ‘n gebrek aan dissipline in sekere klasse is. Hoewel sommige onderwysers die saak goed hanteer, is daar ander wat moedeloos is omdat hul leerlinge soms buite beheer raak, selfs aggressief, en dit oorweeg om die beroep te verlaat. Dit wissel uiteraard van skool tot skool, en hang ook grootliks af van hoe die skool self en klaskamersituasies bestuur word. Belangrike faktore is natuurlikdie moderne tuisomgewing waarin leerlinge grootword, en bowenal die beslissende en dikwels negatiewe invloed van die sosiale media op hul gedrag.

Om hierdie rede het die uwe ‘n berig van Afrikaans.com met groot belangstelling gelees, en deel dit met lesers van die Fever. Dis geskryf deur Celeste Labuschagne, ‘n vakspesialis vir wetenskappe by die Solidariteit-Skoleondersteuningsentrum. Sy wys daarop kinders word dikwels gesien as gedissiplineerd wanneer hulle tjoepstil bly terwyl hulle op hul stoele agter tafels in netjiese rye sit en in boeke skryf. Sy sê sy het dit al baie gesien, maar tog laat dit haar altyd wonder: is dit regtig dissipline, of is dit ? vorm van ontmoediging van leergierigheid, nuuskierigheid en opgewondenheid om nuwe dinge te leer? Sy het lank vir tieners skoolgehou en het die uitdagings van klaskamerdissipline self ervaar. Pleks van ? reeks reëls in haar klas, was daar net een. Nie eintlik ? reël nie, maar ? waarde: respek.

Sy en haar leerders het hierdie reël jaarliks saam bespreek. Respek is allesomvattend en deur respekvol op te tree, gaan die volgende in ? klaskamer kan gebeur: A. ? Leerder gaan stilbly wanneer ? onderwyser vir die klas iets wil sê; en so gaan die onderwyser ook luister wanneer ? leerder iets wil bespreek of ? vraag wil vra. B. Respek impliseer dat leerders mekaar gaan ondersteun en nie verhinder om te leer nie. C. Leerders wat respek vir hulself het, handel hul opdragte noukeurig en betyds af. D.Respek gaan ook beteken dat leerders onderling vir mekaar die geleentheid gaan gun om hulle volle potensiaal te ontwikkel. E. Die onderwyser gaan uit respek nie etikette om leerders se nekke hang wat leerders se gedrag gaan tipeer nie. F. Leerders se gedrag word dikwels negatief beïnvloed omdat hulle probleme by die huis of in hul persoonlike lewe ervaar. Weens ? kultuur van wedersydse respek, gaan ? leerder met ? probleem nie huiwer om dit met die onderwyser te bespreek nie. Indien Labuschagne die kwessie van klaskamerdissipline vanuit haar eie ervaring moes opsom, sou dit die volgende wees: “dissipline moet die leerder bemagtig en nie onderdruk nie. Buiten ‘n waardegedrewe benadering is daar ook praktiese aanpassings wat onderwysers kan maak om dissipline in die klaskamer te verbeter.

Leerders begin dikwels ? periode in die skoolrooster goed “gedissiplineerd”, maar soos die periode vorder, begin hulle kriewelrig raak. Tradisioneel sal hierdie kriewelrigheid gesien word as “stout” of “ongedissiplineerd”. Die oorsaak van die probleem in die meeste gevalle is dat die leerders se konsentrasie begin taan, of vanweë die feit dat leerders se belangstelling bloot net nie meer geprikkel word nie. Aanpassings aan hoe ? klas aangebied word kan leerders se gedrag positief beïnvloed. Eerstens kan die metode waarop inhoud aan leerders oorgedra word, verander. Die onderwyser kan die les so struktureer dat dit ‘n ervaring of belewenis word waarin leerders op ? aktiewe wyse met die inhoud kennis maak en betrek word by die oordrag van inligting. ? Voorbeeld hiervan is die omgekeerde klaskamer.

Dis algemeen bekend dat ? voorbereide onderwyser die antwoord op probleme met klasdissipline is. In die omgekeerde klaskamer kyk leerders bv. ? video by die huis of doen naslaanwerk wat handel oor die inhoud wat bemeester moet word. In die klas ontvang die leerders dan ? werkkaart of probleem waarin hulle die inhoud kan toepas onder leiding van die onderwyser. Tydens so ? “omgekeerde” les kom die leerders gewapen met voorkennis by die klas in – hulle is dus voorbereid. Die leerders word nou aktiewe deelnemers van die les, eerder as passiewe ontvangers van inligting en die onderwyser word nou ? fasiliteerder van leer eerder as ? lesingaanbieder. In die artikel gee Celeste Labuschagne verskeie ander algemene wenke, veral om die leerders se konsentrasie te behou, waarvoor daar nie hier ruimte is nie, maar wat op die webwerf Afrikaans.com te siene is.

Inderdaad ’n realistiese benadering, hoewel ooglopend makliker gesê as gedaan, afhangend van die bekwaamheid van die betrokke onderwyser en talle ander faktore, veral in skole in vorige benadeelde gemeenskappe. Nietemin goeie raad van ‘n gerespekteerde onderwyskenner waarvan beslis kennis geneem moet word.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button