Johan Pretorius: Jou ‘biogiese horlosie’ is van kritieke belang
Jou biologiese horlosie beïnvloed jou gesondheid deur jou slaap- en wakkerwordsiklusse, veranderings van jou bloeddruk en liggaamstemperatuur te reguleer.
Die uwe het op die internet afgekom op ‘n uiters interressante en insiggewende verslag van ene Professor Shogo Sato van die Departement Biologie aan die Universiteit van Texas. Dit handel oor die belangrikheid van ‘n mens se ‘biologiese horlosie’ en hoe dit alles in jou daaglikse lewe op talle terreine beinvloed.
Enigiemand wat al vlugflouheid ervaaar het, sal reeds ‘n voorsmakie gekry het van die reuse-invloed wat hierdie faktor, oftewel sirkadiese ritme, die ‘meester-pas-aangeer’ wat jou liggaam se reaksies van dag tot dag sinchroniseer. Hierdie ‘horlosie’ bestaan uit sowat 20 000 neurone in die hipotalamus, die area naby die sentrum van die brein wat die liggaam se onderbewustelike (subconcious) funksies soos asemhaling en bloeddruk, koordineer. Alle gewerwelde diere, voëls, reptiele, amfibiese diere en visse, asook plante, fungi en bakterieë, het biologiese horlosies. Dis waarom katte vroeg soggens en teen sonsondergang meer asktief is, en plante sekere tye van die dag blom.
Sirkadiese ritmes is uiters noodsaaklik vir jou gesondheid. Hulle beheer die liggaam se fisiese, gedrags- en geestesveranderings oor elke siklus van 24 uur in reaksie op omgewings-impulse soos bv. lig en kos. Dis waarom meer hart-aanvalle en beroertes in die oggend voorkom. Ook waarom muise sonder biologiese horlosies vinniger oud word en korter lewens, en mense met mutasies in die gene van hul sirkadiese horlosies bv. abnormale slaappatrone het. Wanneer jou sirkadiese ritme nie met eksterne invloede sinchroniseer nie, soos in die geval van nagskofwerkers, kan dit lei tot ‘n wye reeks fisiese en geestes-afwykings, insluitend vetsug, Tipe 2-diabetes, kanker en kardio-vaskulere siektes. In ‘n neutedop, Professor Sato verklaar daar is oorgenoeg bewyse dat jou biologiese horlosie kritiek belangrik vir jou gesondheid is. Chronobioloeë soos hy bestudeer hoe die dag-nagsiklus jou liggaam affekteer, en hoe mense hul gedrag kan aanpas sodat hul biologiese horlosies optimaal tot hul eie voordeel funksioneer.
Jou biologiese horlosie beïnvloed jou gesondheid deur jou slaap- en wakkerwordsiklusse, veranderings van jou bloeddruk en liggaamstemperatuur te reguleer. Dit word basies gedoen deur jou endokrinestelsel met die omgewing se lig-donkersuklusse te sinchroniseer sodat sekere hormone op bepaalde tye van die dag vrygestel word. Die pineale klier in jou brein produseer bv. melatonien wat slaap reguleer in reaksie op donkerte. Geneeshere beveel aan dat mense nie blootgestel word aan kunsmatige blou lug voor slaaptyd nie omdat dit die afskeiding van melatonien en slaapgehalte negatief kan beïnvloed. Jou sirkadiese ritme affekteer ook jou metabolisme. Slaap help jou bv. om leptien, ‘n hormoon wat aptyt beheer, te reguleer. Jou leptienvlakke fluktueer dwarsdeur die dag, na gelang van die ritme bepaal deur jou sirkadiese horlosie. Te min slaap kan die produksie van leptiene onderdruk, wat ons hongerder maak met die gevolglike toename in massa.
In onlangse jare het navorsers selfs meer maniere ontdek waarop jou sirkadiese horlosie jou gesondheid klan affekteer. Deur bv. op vasgestelde tye te eet, of korter tye by die etenstafel, kan vetsug en metaboliese siektes verhoed word. Wanneer jy jou medisyne drink, kan ook bepaal hoe effektief dit is en hoe erg enige newe-effekte kan wees. Selfs jou persoonlikheid kan gevorm word deur die manier waarop jou sirkadiese horlosie van jou ‘n ‘oggendmens’ of ‘n ‘aandmens’ maak. Sirkadiese horlosies kan ook antwoorde verskaf op die vraag watter tye van die dag die beste is vir oefening. Om dit te bestudeer, het professor Sato en sy kollegas bloed- en veselmonsters versamel van die breine, harte, spiere, lewers en vet van muise wat of voor ontbyt ofnà ete in die laataand oefening gekry het. Hulle het ‘n massa-spektrometer gebruik omsowat 600 tot 900 molekules wat elke orgaan geproduseer het, te meet.
Hierdie metabolietes het gedien as aanduidings van hoe die muise verskllende tye van die dag op oefening gereageer het. Die navorsders kon bepaal hoe elke orgaan op ‘n sekere tyd van die dag energie tydens oefening gebruik. Hulle het bv. gevind dat oefening in die vroeë-oggend bloedglukose-vlakke meer laat daal het as oefening in die laataand. Oefening in die laataand, daarenteen, het die muise in staat gestel om voordeel te trek uit die energie wat na maaltye bewaar is, en hul uithouvermoë te verhoog. Muise en mense het sowel verskille as ooreenkomste, bv. muise is meer aktief in die nag as in die dag, maar hierdie inligting kan navorsers in die toekoms help om groter insig te kry in faktore wat die gesondheid van mense beïnvloed.
Professor Sato sê sy eie navorsing het gehelp om die manier waarop oefening op verskillende tye van die dag jou gesondheid beïnvloed, te bepaal. Ook om oefenprogramme vir oorgewigmense, en diegene met Tipe 2-diabetes en ander siektes, te ontwerp met die beste resultate vir hul gesondheidstoestand. Hy sê daar is nog baie om te leer ivm. hoe jou sirkadiese horlosie werk, maar intussen is daar betroubare maniere waarop hierdie horlosie gesinchroniseer kan word vir beter algemene gesondheid. Dit sluit in ‘n gereelde blootstelling aan sonlig om die endokrinestelsel aan te moedig om meer vitamine D te produseer. Ook deur meer aktief bedags te wees slaap jy makliker saans. Vermy ook kaffeine en blootstelling aan kunsmatige lug voor slaaptyd.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
