South Coast Fever

Stiltetyd: Aardbewings

Die Psalm roep ons op om te let op God en wat Hy besig is om te doen.

Wanneer die aarde skud en die berge wankel…In Suid-Afrika is ons sulke tonele gespaar. Af en toe soos in Tulbagh of selfs hier aan die kus, het ons darem al ’n skudding of twee ervaar. Mens kan in jou geestesoog sien hoe skarrel die mense in vrees en angs.

Aardbewings en sulks is tiperend van situasies wat jou lewe deurmekaar krap. In sulke tye is mense se lewe en jou innerlike omgekrap. Mens se hele bestaan word op sy kop gekeer.

Sulke tye het mens ’n vaste punt nodig waaraan jy jou kan oriënteer. Psalm 46 bied so ’n vaste punt, of soos die Psalm self sê: “God is vir ons ’n skuilplek en ’n bron van krag-Psalm 46:1.” Daar is talle uitdagende situasies wat elke mens die hoof moet bied. Gelowiges weet dat die Christen se aartsvyand, die duiwel rondloop soos ’n brullende leeu op soek na iemand om te verslind.

Psalm 46 is geskryf na aanleiding van ’n situasie wat die Psalmis as bedreigend ervaar het. Ons weet nie wat dit was nie. Dit maak dat ons dit kan toepas op enige situasie van bedreiging. As mens nie weet wat die uitkoms is nie, as vrees jou verlam, dan troos die lees van hierdie Psalm mens. In donker tye kyk mens so maklik vas teen jou situasie. En hoe meer mens direk om jou kyk, hoe benouder raak mens. Jy word bang. Bang dat die verskriklikste sal gebeur. Bang dat die einde daar is. Bang dat daar geen toekoms meer sal wees nie.

Hoe dikwels is ons nie bekommerd en bang en benoud nie. Hoe dikwels dink ons nie dat daar geen toekoms meer is nie en dat ons maar net moet tou opgooi nie. Ons kan nie meer nie; geen enkele tree. Die Psalm roep ons op om te let op God en wat Hy besig is om te doen. Dit gee aan ons ’n groot innerlike rus en vrede. As ons bid om God se hulp, mag ons dit doen in die geloof dat Hy beter as ons weet hoe om die situasies wat buite ons beheer is te bestuur. Dan kom daar rus in ons gemoed.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button