South Coast Fever

Is Al Qaeda-terrorisme SA se voorland? Die tekens is daar

Daar is geruime tyd reeds groot kommer oor die moontlikheid dat Suid-Afrika deur die Irakse Islamitiese Staat, ISIS en die sg.Levant as ‘n basis gebruik word om geld na na hul geaffilieerde organisasies in Afrika te stuur.

Die Amerikaanse regering het verlede week ‘n waarskuwing gerig oor ‘n moontlike terroriste-aanval in Sandton in Johannesburg. Dit het groot ontevredenheid by senior regeringslui, onder wie President Ramaphosa, ontlok omdat daar nie eers met Suid-Afrika oorleg gepleeg is voordat die waarskuwing uitgereik is nie.

Die Adjunk-minister van Staatsveiligheid, Zizi Kodwa, het verklaar die Amerkaanse departement van buitelandse sake wou geen redes vir die waarskuwing verskaf nie. In Washington het ‘n senior woordvoerder verklaar Amerika het oor ‘n tydperk van etlike dae veiligheidswaarskuwings aan onder meer Suid-Afrika en Nigerië uitgereik.

Die woordvoerder het indirek te kenne gegee daar is wel met die SA regering oor die saak gekommunikeer. Openbare byeenkomste het toe wel verlede naweek sonder voorval in Sandton verloop.

Daar is geruime tyd reeds groot kommer oor die moontlikheid dat Suid-Afrika deur die Irakse Islamitiese Staat, ISIS en die sg.Levant as ‘n basis gebruik word om geld na na hul geaffilieerde organisasies in Afrika te stuur. Trouens, ‘n onlangse VV-verslag het onlangs verklaar die rede daarvoor is die nederlae wat ISIL in 2016 in Sirië en Irak gely het, met die gevolg dat geaffilieerde organisasies in Afrika des te belangriker geword het.

Deskundiges meen die bes-gevestigde ISIL-netwerke is in Afghanistan, Somalië en die Tsjaadmeer-kom. Die gewelddadigste Jihadgroep in Somalië, Al-Shabaab, is geaffilieer met Al Qaeda, en die verslag lui ISIL se Al-Karrarkantoor in Somalië is aktief en bedrywig in Mosambiek en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die ASWJ-Jihadi-groep in Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie het reeds drie jaar lank bande met ISIL, terwyl verskeie kleiner groepe oral bedrywig is, ook in Uganda.

Daar was oor die afgelope jare duidelike aanduidings van terroristeselle in Suid-Afrika, en Amerika het vroeër vanjaar sanksies toegepas teen vier Suid-Afrikaners weens ondersteuning aan en finansiering van die Islamitiese Staat. Een van hulle, ene Hoomer, was betrokke by die bom-aanval op ‘n Shïïtiese moskee in Durban, maar die saak is deur die landdros van die rol geskrap weens die swak manier waarop die vervolging voorberei is.

Daar is geruime tyd reeds groot kommer dat die Suid-Afrikaanse regering nie die moontlikheid van terrorisme of die finansiering daarvan in die land wil erken nie. Daar is egter wel Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek om met die stryd teen Al Shabaab te help.
Verlede naweek is berigte in die sakeman Johan Rupert se nuusblad gepubliseer oor die wyse waarop Spazawinkels in Suid-Afrika gedwing word om geld aan ISIS te gee. Ook die veteraan-ondersoekende joernalis De Wet Potgieter, wat in 2010 met die Sokker-wêreldbekertoernooi verguis, agtervolg, dopgehou en intimideer is, onder meer deur die ANC, omdat hy berigte geskryf het dat Al Qaeda aanvalle tydens die toernooi beplan, het vandeesweek met uiters kommerwekkende inligting vorendag gekom.

Hy wil ook sy boek Black Widow White Widow opdateer. Hy sê talle van sy destydse bronne het reeds begin om inligting agter die skerms met hom te deel. Met die publikasie van sy boek in 2014 is hy heftig in die Suid-Afrikaanse koerantmedia gekritiseer.
Hy skryf op sy Facebookblad: “Kort nadat Black Widow White Widow gepubliseer is, kontak die intelligensiehoof van een van ons grootste sekuriteitsfirmas my.

Hulle het ontdek dat ? gekloonde weergawe van hul transito-pantservoertuie deur die ondergrondse netwerke van ISIS in Johannesburg gebruik word. Die ondersoek het toe al aan die lig gebring dat die spazawinkels wat landwyd deur onwettige Pakistani’s, Soedanese, Somaliërs en ander “vlugtelinge” in woonbuurtes bedryf word, maandeliks ’n kontantbedrag aan Isis moet betaal.
Die gekloonde voertuig is gebruik om die geld op bepaalde punte te gaan oplaai en na Fordsburg te vervoer waar dit in ? para-gemilitariseerde vesting in kluise bewaar word. In ? stadium het speurders, wat die smokkel van onwettige sigarette ondersoek, sekere persele gaan deursoek toe hulle deur swaar gewapende groeperinge in die gebou vasgekeer is.

“Span van die polisie se spesiale taakmag moes gaan help om hulle te ontset en veilig uit die gebied te begelei.”
“Daar is nog so baie inligting in die verband wat in die openbare domein gedeel moet word, maar die tyd en die middele om dit te doen, skiet ver te kort.

Soos byvoorbeeld hoe hierdie selfde radikale groeperinge, wat ons land so stil-stil rysmier en ondergrondse netwerke van georganiseerde misdadigers vestig, selfs die bak en handel van die broodbedryf in die informele woongebiede gekaap het.
Sedertdien bak en brou hulle brood onder die haglikste en mees onhigiëniese omstandighede vir die massas. Toe ek redakteur van die Laevelder was, het ons in Witrivier afgekom op so ? “bakkery” waar die Mafia wragtag vuil water uit ? nabygeleë spruit geskep het om die brood mee te bak.

Ter afsluiting wil ek dit net noem dat die bedreiging destyds met die Sokker -Wêreldbeker ? baie werklike en besliste bedreiging was. Die voertuig was ? Volkswagen Touareg wat iewers bo in Afrika gekaap en spesiaal na Suid-Afrika vir die doel ingesmokkel is.
Dit sou as motorbom by ? spesifieke teiken tydens die sokker-feestelikhede gebruik word, maar die aanval is in die kiem gesmoor en beslag is op die voertuig gelê. Die Volkswagen op die foto is die einste voertuig wat gebruik sou word. Dit is later verbeurd verklaar tot die Staat en het vir ? paar jaar as amptelike voertuig vir een van die speurders vir sy ondersoekwerk gedien.”
Voorwaar ‘n onstellende scenario. Asof ons nie genoeg probleme het nie.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button