South Coast Fever

Wouter se Watergat

Wat my veral pla, is die kru, erge rassisme op die sosiale media, die hopelose oningeligtheid by mense oor belangrike sake, hoe hulle deur ekstremiste en politieke boewe aan hul neuse rondgelei en opgesweep word, en in ‘n totale alternatiewe werklikheid lewe.

Oom Pottie en ek het Sondag aan die gesels geraak oor die dinge wat wêreldwyd aan die gang is, en uiteindelik met Vladimir Putin saamgestem dat die mensdom net so na aan ‘n wêreldoorlog is as in die periode na die Tweede Wêreld-oorlog.

Daar is soveel spanning tussen groot moondhede oor verskeie sake, soos bv. die Sjina/Taiwan-geskil, Noord-Korea se uitdagende missieltoetse, die Russiese inval in die Oekraïene en talle ander kleiner brandpunte, dat ek Pottie nie verkwalik het toe hy verklaar hy wonder of ons nie nou baie na aan Armageddon is nie.

‘Woutie, en wat van aardverwarming? Kyk wat het die afgelope paar maande op hierdie aarde van ons gebeur. Oorstromings,veldbrande en ander tekens dat ons afstuur op verwoestende gevolge indien iets nie baie vinnig daaraan gedoen word nie.

Ek is so bly my tyd word min, en voel baie jammer vir die huidige geslag en hul nasate wat die gemors sal moet hanteer”. Ek kon hom nie hierop aantwoord nie en het net oor die see gesit en uitstaar. My hele lewe lank was ek ‘n optimis oor hierdie sake, maar het op daardie oomblik besef die positiwiteit is verby.
Teenoor vroulief, die kinders en ander familielede sal ek ‘my pose hou’, en hulle bemoedig, maar in my diepste wese het ek besluit om op God te vertrou om Sy wil te laat geskied en daarvolgens te handel.

In ons eie land het ons ‘n gemors wat deur die ANC veroorsaak is en jare gaan neem om op te ruim, indien dit enigsins moontlik is. Daar is wel talle positiewe tekens, maar ek is bevrees ons is ‘beyond the point of no return’.

Wat my veral pla, is die kru, erge rassisme op die sosiale media, die hopelose oningeligtheid by mense oor belangrike sake, hoe hulle deur ekstremiste en politieke boewe aan hul neuse rondgelei en opgesweep word, en in ‘n totale alternatiewe werklikheid lewe.

Dit verstom my dat daar nog mense is wat onder meer vas glo die Covid-epidemie was ‘n komplot om beheer oor mense se toekoms te kry, Donald Trump het die verkiesing gewen, en dat President Putin het die volste reg om die Oekraïene te verwoes. Loutere waansin.
Ewenwel, die bron van ons loopstorie is Oom Pottie. Ons het minstens nog nie ons sin vir humor verloor nie. ‘n Middeljare Suid-Afrikaner besoek ‘n bordeel in Londen. ‘n Jong vrou kom sit op sy skoot, hulle lag en drink bietjie, hy fluister in haar oor, sy vlieg op en hardloop weg.

Die madame wonder wat aangaan, en stuur nog ‘n diensverskaffer, meer ervare as die vorige een. Dieselfde gebeur. Hy fluister in haar oor, sy skree net ‘No Way’ en loop weg. Die madame besluit om haar mees ervare vrou te stuur.
Hy flikflooi, streel haar vel, sy giggel en hy fluister in haar oor. Skielik gil sy: ‘Are you crazy??’. Die Madame is heeltemal oorbluf, en besluit sy gaan self uitvind wat aangaan. Op die man se skoot vertel sy hom sy is die heel beste meisie beskikbaar. Hulle gesels lekker, soen mekaar in die nek, en giggel heerlik. Hy fluister in haar oor: ‘Kan ek jou in rande betaal?’

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button