South Coast Fever

Wouter se Watergat

Met die rugby-seisoen nou verby, sal ons aangewese wees op kriekert, en ons sien nogal uit na die Proteas se wedstryde in Australie, en die nuwe plaaslike T-20-reeks, wat beloof om baie opwindend te wees.

Hier in die Watergat is ons besig om ons gereed te maak vir die komende Kersseisoen. Almal hou duim vas dat die binnelandse besoekers sal besluit om weer te kom, ten spyte van ons diensleweringsprobleme en die prys van brandstof. Vroulief het ‘n paar nuwe disse op ons spyskaart vir Desember, insluitend haar Lasagna en regte egte Kaapse Bobotie. Gaan ‘n bietjie meer kos as ons normale ete van die dag, maar hopelik sal die smaak van die disse dit regverdig. Met besoekers by die huis was dit nog elke keer ‘n dawerende sukses.

Met die rugby-seisoen nou verby, sal ons aangewese wees op kriekert, en ons sien nogal uit na die Proteas se wedstryde in Australie, en die nuwe plaaslike T-20-reeks, wat beloof om baie opwindend te wees. Verlede Saterdagaand was die Watergat ‘n baie vrolike plek na die puik oorwinning van die Bokke oor Engeland. Daardie euforiese gevoel in die eerste helfte toe die besef posgevat het hulle gaan die Britte oprol soos kitsgras, en die verligting na die rooikaart van Thomas du Toit toe die Engelse nie daaruit munt kon slaan nie, was iets besonders. Ons het Kurt Lee-Arendse se drie seker tien keer na mekaar op Catch-up gekyk, met besondere waardering vir Damian Willemse se aandeel daarin, en veral vir die manier waarop Arendse soos ‘n skaduwee verby Marcus Smith gehardloop het asof hy nie bestaan nie. Smith se selfvertroue gaan nooit weer dieselfde wees nie. Wonderlik.

Ons gevoel oor die Sharks se vertonings is egter heel anders. Wat gaan aan? ‘n Span met al die talent tot hul beskikking, en hulle verloor met 35-0 teen Cardiff? Net ‘n deel van die wedstryd gesien, maar dit was duidelik iets groot is verkeerd. Onder aan die punteleer met net een oorwinning. Ek wonder wat dink die beleggers met hul miljoene dollars? En die bestuur op Kingspark? Soos die bekende gesegde lui: ‘Watch that space’.

Oor wat op die politieke front in die land gebeur, word deesdae hier min gepraat, want dit veroorsaak net swartgalligheid en woede. Nietemin wag ons vir die uitslag van die verkiesing van die ANC-president later vandeesmaand. Hoop Cyril gaan dit maak, en in die proses ‘n ruggraat ontwikkel om van die pampoene om hom ontslae te raak raak.

Ons loopstorie handel oor ‘n man wat sy vrolike en lewenslustige steekhaarbrak na die veearts neem en sê: ”Daar’s skort iets ernstigs met my jollie Lollie se spysvertering. Hy doen sy besigheid oral — op ons vloere, matte, stoep, patio, grasperk, oprit, noem maar op. Dink u u kan iets vir hom doen?” ”Wel,” sê die veearts, ”laat ons ’n bietjie kyk.” En met dié tel hy die hond op sy tafel en druk hard op die dier se pens. Vreeslike knorre en gromme is skielik hoorbaar in ou jollie Lollie se ingewande. ”Ek is bevrees ek sal hom moet uitsit,” sê die veearts, skynbaar meedoënloos.”Net omdat hy ’n los maag het?” vra die geskokte honde-eienaar. ”By die deur uitsit,” sê die veearts. ”Jou jollie Lollie bollie op my tafel!”

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button