South Coast Fever

Wouter se Watergat

In die tweede week van Januarie elke jaar kyk ons terug na die vorige weke en bepaal ons bruto-inkomste oor die tydperk om te oordeel of die afgelope seisoen vir ons geslaagd was of nie. Ons het nie die besoekers individueel getel nie, maar uit die inligting op ons rekenaars kan ons aflei hoewel ons …

In die tweede week van Januarie elke jaar kyk ons terug na die vorige weke en bepaal ons bruto-inkomste oor die tydperk om te oordeel of die afgelope seisoen vir ons geslaagd was of nie. Ons het nie die besoekers individueel getel nie, maar uit die inligting op ons rekenaars kan ons aflei hoewel ons naastenby dieselfde aantal binnelanders hier gehad het, het hulle minder per persoon bestee as verlede jaar. Ons kon agterkom ons nageregte en Ierse koffies het vanjaar minder aftrek gekry as verlede jaar. Die afleiding? Ingeligte restaurant/kroeggangers weet indien hulle die voorgeregte uitsny, of ‘n voorgereg as ‘n hoofmaaltyd bestel, die soetgoed en loopdrankies uitsny, hulle baie geld bespaar. Nie wat ons graag wil he nie, maar dis baie realisties. Kyk bietjie volgende keer na jul rekenings by enige eetplek, en bepaal die koste van die voorgeregte, nageregte, Ierse koffies et al. Dis dikwels byna die helfte van die totale rekening, soms meer.

Ewenwel, daar is nie veel te rapporteer nie. Ons was die afgelope dae redelik stil. Die meeste Gautengers is reeds huistoe, en Oom Pottie en ek was gereeld alleen, met die gevolg ons kon ontspan en sport kyk. Ook wroeg oor wat met ons toetskrieket aan die gang is. Van ons besoekers het volgehou dis die kwotastelsel se skuld, wat nie heeltemal waar kan wees nie want van die beste weerstand is deur die kolwers Bavuma en Zondo gebied. Van die swakste kolfvertonings was deur Dean Elgar, die kaptein. Hy het ‘n gemiddeld van slegs tien oor die drie toetse gehad. Nee, die fout is elders. Myns insiens by die bestuur van krieket SA wat hopeloos te min praktiese kennis van veral toetskrieket het, en die feit dat Suid-Afrika deesdae baie min toetskrieket speel in vergelyking met bv. Engeland, Indie, Australie en Nieu-Seeland. Aan die rugbyfront lyk dinge alhoe beter vir die Sharks, en minder goed vir die Bulls, veral vir die Lions en skielik ook die Stormers. Daar is egter nog ‘n lang pad om te loop.

Die groot doring in ons vlees bly die swak dienslewering hier aan die Suidkus. Lyk my vakansieplekke wat nie Jojo-tenks het nie, kan nie bestaan nie. Van ons klante het vertel hulle sou die volgende dag moes huistoe vertrek omdat die Jojo-tenks by hul blyplek daardie selfde aand, na vyf dae sonder munisipale water, sou leegloop. Dis total onaanvaarbaar, maar daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Behalwe om te hoop, en te verseker dat die ANC by die stembus verslaan word. Iets wat ook nie noodwendig sal gebeur nie. Sug.
Ons sluit soos gewoonlik af met iets snaaks. ‘n Welgestelde sosiale vlinder is op ‘n inkopietog. Haar selfoon lui en ‘n hospitaal-woordvoerder vertel haar haar man was in ‘n ernstige motorongeluk. Sy besluit om eers haar inkopies af te handel, en ry na die hospitaal. Daar verneem sy van die hoof-matrone haar man is verlam, in groot pyn en het deurentyd gevra na haar. ‘Waar was jy? Skaam jou!’ Die vrou is verslae en begin huil. ‘Toemaar, toemaar’, paai die matrone, ‘ek het sommer gespeel. Hy is netnou oorlede. Wys my wat het jy gekoop.’

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Vanisha Moodley

Vanisha Moodley is the journalist for the Mid South Coast Herald newspaper, which circulates in the Scottburgh area. She has been with the company for close on 10 years and is a product of the Caxton Cadet programme. She had originally come to the office to work as a volunteer, but her potential was seen and the rest, as they say, is history. Vanisha covers all beats, from court to crime to community. She assists with managing the website and is adept on the social media side of things.
Back to top button