South Coast Fever

STILTETYD: Lig en duisternis

STILTETYD Tydens ’n energiekrisis is die versoeking groot om met woorde te speel. Donkerte word soms gedefinieer as die afwesigheid van lig. Die tema van “duisternis” of donkerte is ’n universele tema wat nie net in die Bybel nie, maar in alle kulture en literatuur ‘n sentrale rol speel. Meer as 200 keer in die

Tydens ’n energiekrisis is die versoeking groot om met woorde te speel. Donkerte word soms gedefinieer as die afwesigheid van lig. Die tema van “duisternis” of donkerte is ’n universele tema wat nie net in die Bybel nie, maar in alle kulture en literatuur ‘n sentrale rol speel. Meer as 200 keer in die Bybel word daar na duisternis verwys. Tog is dit nie om te sê dat die duisternis vir altyd die oorhand sal kry nie.

Kolossense 1:13 sê dat God Sy mense uit die mag van die duisternis gered het en verplaas het na die koninkryk van Sy geliefde Seun. Die magte van die duister word nie in die Bybel as gelyk aan die lig gestel nie. God stel die duisternis aan die lig. Hy haal mense wat in Sy Seun glo uit die duisternis. Jesus Christus is die Lig vir die wêreld en die duisternis sal die lig nooit oorweldig nie.

God span selfs die duisternis in om Sy doel te bereik. Of duisternis nou fisies of simbolies bedoel word, die Here verlos Sy kinders altyd uit die donker mag. Elke mens het ’n skadukant en soms voel mens ongemaklik as jy sien waartoe jou gedagtes jou lei, veral as jou lewe onder druk verkeer. Ook dan mag ons weet dat die bose verteenwoordig deur ons sondige natuur, nie die oorhand sal kry nie. Ek kan nee sê vir die negatiewe impulse of gedagtes wat soms met ons wil weghardloop.

Die duisternis het nie die laaste sê in die Christen se lewe nie. God is sterker. Dit het Hy bewys toe Hy Sy Seun uit die dood opgewek het. God het Sy kinders mag gegee oor die bose, ook die bose in ons. Christene is onder nuwe bestuur, want ons is verplaas na die koninkryk van Christus. Moet nie die leuen glo dat die duisternis die laaste se het oor jou lewe nie. Christus het.

In Sy Lig sien ons die lig en daardie lig haal altyd die donkerte uit. Hy haal nie net die duisternis uit jou lewe nie, Hy bring lig in jou lewe. Weier dan in Christus naam dat die negatiewe en donker kant van die lewe jou onderkry.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button